Living Network is 'n christelike organisasie wat aan enige persoon in nood, sorg en hoop wil bring.

Ons wil vir mense in nood 'n skuiling en skaduwee bied soos ons Hemelse Vader vir ons bied.

  • Nà assessering moet soms allereers voorsien word in die basiese behoeftes bv. kos, komberse ens.
  • Ons is gemeenskapsgebaseerd. Behoeftes word in die gemeenskap geïdentifiseer en die netwerk van hulpbronne word geleentheid gebied om as vennote te dien en in die behoeftes te voorsien.
  • Ons wil persone bemagtig. Hulle word gehelp om hul eie potensiaal te ontdek en te ontwikkel. Deur middel van die netwerk, word hierdie persone vaardighede aangeleer wat hulle in staat stel om 'n betrekking te bekom. Sodoende groei hulle fisiek, emosioneel en geestelik.
Dan sal die Here bedags 'n wolk en snags die rook en glans van 'n vlammende vuur skep oor elke woonplek op Sionsberg en oor al die bymekaarkomplekke daar. Sy magtige teenwoordigheid sal alles beskut. Daar sal 'n skuiling wees, 'n skaduwee teen die hitte bedags, 'n skuilplek en toevlug teen stortbuie en reën.
JESAJA 4 : 5, 6